< previous
’n Onderhoud oor Evita Bezuidenhout se Unmasking Evita
Evita Bezuidenhout haal haar masker tydens COVID-
– Litnet, 7 August 2020
Lanklaas van Tannie gehoor?
Gedink ek is dood? Nee, my skat, ek was ingeperk soos die res van die wêreld. Dan is stilte ’n belangrike deel van oorlewing: minder praat en meer luister. Of baie keer, soos in die geval van televisienuus, afslaan. En natuurlik doodtrek, uitvee, delete as dit kom by die twiet-
"Die ontmaskering van Evita"? Hoeveel maskers moet verwyder word?
Gits, daar val julle met die deur in die huis. Op die oomblik is maskers ’n belangrike deel van almal se lewe. Nie die mooiste manier om in die straat te verskyn nie, en sommige van die maskers het elastiese koorde om die ore. Oornag ontwikkel ons blomkoolore soos ’n rugbyspeler! Maar ja, as Afrikaner moes ek baie vermommings dra. Calvinisme se masker was nors en sonder glimlag. Afrikaner-
Maar wie is die ware Evita?
Ek het haar lanklaas gesien. Ek weet sy kom elke nou en dan inloer vir ’n bietjie vars lug, maar dan verdwyn sy weer terug in die sosatie van politieke korrektheid. Ek dink die ware ek is die een wat nog lag wanneer ’n tannie in die straat op ’n piesangskil gly en val. Haai, dis stout van my, maar soms so ’n verlossing.
Jy is bekend vir jou vooruitbeplanning.
Nee, ek het geen kristalbal wat my voorsê nie. Maar in die plaaslike politiek moet jy agter elke bult kan loer sonder om dit daar te waag. Toe ek vir Nelson Mandela vir die eerste keer ontmoet, nog in sy vorige bestaan as “NP #1Terroris” (dis toe ek die tee en koeksisters vir president Botha se ontmoeting met hom in Tuynhuis in 1989 voorberei het), het ek dadelik geweet hierdie man is raar. En hy was. My eerste indruk van Thabo Mbeki was: Oppas! En Onskuldige Jacob? Ek sou wraggies nie ’n tweedehandse Golf van hom wou koop nie. Nou sit ons met ’n derderangse land, danksy daardie tien verlore Zuma-
Is die huidige 2020 iets wat jy verwag het?
Wie sou kon voorspel het dat die wêreld skielik sou stop? Dat almal op die aardbol saam sou staan teen ’n onsigbare vyand? Tot in die middel van Maart was my jaarboek vol met alles wat ek as lid van die ANC moes uitrig. Ek kook mos vir versoening in die kombuis van Luthuli-
Wat is nou jou prioriteite?
Maak net elke oggend seker jy voel nie siek nie. Geen COVID-
Hoe is jou inperking nou?
Verbasend oorspronklik. Ek doen dinge waarvoor ek nooit tyd gehad het nie. Sorteer die kinders se sokkies. Soek die rooi een wat al maande weg is (dit was agter die wasmasjien). Praat met die kat en streel die hond. Voer die voëls. Sit in die tuin en dink aan niks. Weet net dat die son sal sak en die maan sal opkom. Hopelik ons ook.
Is jy bang vir COVID-
Wat ’n belaglike naam! Ek is net verbaas ons is so verbaas. ’n Pandemie was al lank op die horison. Ons kyk gedurig na die Hollywood-
En wat doen Comrade Evita nou? Is haar ANC ook op Zoom?
Dit hang alles van Eskom af. As ons kan, dan hou ons ’n vinnige imbizo op Zoom. Ek bly maar in die agtergrond en stuur die resepte en daaglikse menu’s vir die ANC-
En die lesse wat jy nou leer?
Almal leer lesse. Die grootste herontdekking is die virtuele gemeenskapomhelsings. Dis wonderlik om die ruwe menslikheid weer te ontdek. Die mooi manier hoe mense mekaar nou help, voer, koester, inspireer en versorg. Ek hou my oog op die slu manier waarop die regering besig is om die Grondwet versigtig voor ons oë op te skeur, onder die dekmantel van kastige rampbeheer. Mense se waardevolle regte, deur die Grondwet beskerm, word agtelosig vernietig. Daar is geen oorsig of kommentaar uit die hoogtes nie.
En die Nuwe Normaal?
Daar word dikwels voorgestel dat ons moet teruggaan na waar ons as ’n land was, voor die gogga se aanval. Toe was ons alreeds in die finansiële toilet! Die korrupsies, diefstalle, leuens en jag op die juwele van die land het ons bankrot gemaak. Terwyl ons nou bemasker deur die dae sit en wag vir iets beter, gesonder en hoopvoller, sal ons dit net in die rioolpype vind! Die Nuwe Normaal beteken: Nou moet die werk eers begin. Is ons nog ’n demokrasie? Of het die aardbewing van COVID-
Wat gaan jy op 9 Augustus doen?
Elke Vrouedag is ’n snaakse ondervinding. My familie het planne om my te trakteer. “Bly in die bed, Ma! Hier is ’n roereier en spek, Ouma! Doen niks! Rus! Word bederf!” Ja dankie, en dan môre sal Mamma maar al die gemors self opruim! In die digitale vermaak wat op Vrouedag lewend deur Quicket oor die wêreld uitgesaai word, deel ek hoogtepunte van my lewe met die kykers. Ek is daar met Madiba, Cyril en Tutu. Ek deel die mag van PW, Pik en Koornhof. Ek wil wys hoe ons uit die donkerte van apartheid die goud aan die einde van hierdie nuwe reënboog kan vind. Daar is baie om oor te lag. Daar is meer om te onthou. En daar is altyd baie om na uit te sien.
Pieter-
< previous
| CV |
| Works to Date |
| Darling! |
| Elections & Erections |
| Between the Devil and the Deep |
| Articles by PDU |
| Articles about PDU |
| New Yorker PDU profile |
| Archived Articles by PDU |
| Archived Articles About PDU |
| Archived Artles on Issues of Concern to PDU |
| Archived Interviews |
| Archived Reviews |
| Miscellany |
| Archived Videos |
| 2018 |
| 2017 |
| 2016 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 1999 |
| 2021 |
| 2020 |
| 2019 |
| 2018 |
| 2016 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 2000 |
| 1999 |
| 1998 |
| 1997 |
| 1996 |
| 1994 |
| 1993 |
| 1990 |
| 1980 |
| Freedom of Speech & Expression |
| Elections & Voter Education |
| HIV/Aids |
| 2019 |
| 2018 |
| 2017 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2004 |
| 2003 |
| 1993 |
| 2019 |
| 2017 |
| 2016 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2001 |
| 1999 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 2000 |
| 2018 |
| 2017 |
| 2016 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 2000 |
| 1997 |
| Sell-by Date-1 |
| 2020 |
| 2019 |
| 2018 |
| 2017 |
| 2016 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 2000 |
| 1999 |
| 1993 |
| 1990 |
| 1981 |