webmaster

Miscellaneous Items

from 2019

Lood Stuur tant Evita na Oekraïne

Beeld, 25 April 2019


Met die verkiesing van die komediant Wolodimir Zelenski tot president van Oekraïne het Lood onverwyld begin met ’n voorgestelde kortlys vir die Suid-Afrikaanse ambassadeur daar en Evita Bezuidenhout se naam staan heel bo. Nog name wat die lys kan haal, is Trevor Noah, Leon Schuster, Marc Lottering, Loyiso Gola, Schalk Bezuidenhout en Barry Hilton. ’n Mens kan selfs pratende poppe, soos Trevor Missing en Tommy Thompson, betrek.


En sal hulle sommer ’n nuwe politieke party vir 8 Mei vorm? Die SAPPPKN — Suid-Afrikaanse Party vir Pratende Poppe, Komediante en ander Narre. Lood wou net die Verkiesingskommissie bel om te hoor of registrasie nog moontlik is, toe tref dit — te veel bestaande politici gaan dink die party is vir hulle bedoel. Ai, nog ’n goeie idee daarmee heen.