next >
KKNK mag nie ’n ‘fotostaat’ word
– Karin Burger, Rapport, 9 April 2011
“Die Absa KKNK moet aanpas. Hulle kan nie elke jaar dieselfde bloudruk uitdruk nie.”
Só sê Pieter-
Die fees het vanjaar baie minder feesgangers as vorige jare gelok.
Uys het as Evita Bezuidenhout saam met Coenie de Villiers opgetree.
Die presiese getal feesgangers sal eers oor drie weke bekend wees, maar kunstenaars én stalletjiehouers kla oor die aansienlik minder voete.
“Die getalle het beslis afgeneem. En in terme van verblyf sou ek sê die Absa KKNK is nou die duurste fees in die land,” sê die regisseur en skrywer Saartjie Botha.
“Ek het twee produksies hier en my verblyf vir die akteurs is by die R45 000! Jy moet báie kaartjies verkoop om dit op te maak … En niemand van ons bly in gastehuise nie, dis net gewone huise,” sê sy.
Uys sê van Facebook tot Twitter kan deesdae ingespan word om feesgangers op hoogte te hou van elke produksie.
“’n Lang resensie is nie nodig nie. Met die druk van ’n knoppie kan jy duisende mense bereik én hulle aanmoedig om na ’n vertoning te gaan.
“My instink sê: Gaan na die nuwe alfabet van kommunikasie.”
Vir hom is die belangrikste aspek van die fees dat dit ’n platform vir kunstenaars skep.
“As jy vir die regering wag om geld te gee, is dit so goed soos die kus van die dood. Jy het fokus en ’n bottel wyn nodig om ’n produksie te skryf, nié Lotto-
Hy kritiseer ook die fees omdat ’n derde taal in teaters ontbreek. “Komaan, mense, waar is die vertalings in Xhosa? Ons het immers 11 tale.”
Me. Hetta Saunderson van M4 Events, wat drie wynstalletjies namens verskillende kelders beman, sê haar lone vir die fees beloop R16 000 en die verblyf vir sewe werknemers nóg R17 000.
“Teen Vrydagmiddag was ons reeds tussen 30% en 40% af teenoor verlede jaar. Die verkope van ons goedkoopste wyn het ons gered,” sê sy.
Ander stalletjiehouers met wie Rapport gesels het, sê hul verkope is tot 50% minder as verlede jaar. Verskeie stalletjiehouers het deur die loop van die week opgepak.
Ook die kampeerterreine was aansienlik leër as in die verlede.
Mnr. Brett Pyper, uitvoerende hoof, sê die feesbestuur het inderdaad beplan vir minder besoekers.
“Tog is hier vanjaar ’n herverspreiding van gehore. Daar was derduisende mense in die Rivierbuurt wat voorheen op straat was. Dis baie bemoedigend en beter as wat ons verwag het.”
Pyper sê daar is definitiewe redes hoekom die fees nie vanjaar oor Paasnaweek of in die studentevakansie val nie.
“Ons gebruik baie van die skoolsale, so dit moes ’n skoolvakansie wees. En sou ons later in die maand oor Paasnaweek speel, het ons die gevaar geloop om winterweer te kry – dit sou nie werk vir ons groot getal buitelugproduksies nie.”
Hy sê hoewel die getal besoekers gedaal het, is die geldwaarde van die fees steeds hoog.
“’n Stiller fees beteken nie minder geld nie. Daar was ’n besliste skuif na die gehalte-
Wat kritiek oor te min omstrede produksies en te min feesgangers betref, sê Pyper dat elkeen uit sy eie oogpunt na ’n fees kyk.
“’n Stalletjiehouer, ’n regisseur en ’n feesganger se uitkyk verskil almal. Hoe meet jy in elk geval die sukses van ’n fees? Ons het ’n belegging in gehalte gemaak met baie debuutproduksies.”
Volgens hom val die nadruk steeds op kuns en dit waarborg die volhoubaarheid van die kunstefees op die duur.
next >
CV |
Works to Date |
Darling! |
Current Concerns |
Evita's free Speech |
Freedom of Speech & Expression |
Elections & Voter Education |
HIV/Aids |
2019 |
2018 |
2017 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2010 |
2009 |
2007 |
2006 |
2004 |
2003 |
1993 |
2019 |
2017 |
2016 |
2014 |
2013 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2001 |
1999 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
2000 |
Elections & Erections |
Between the Devil and the Deep |
Articles by PDU |
Articles about PDU |
New Yorker PDU profile |
Archived Articles by PDU |
Archived Articles About PDU |
Archived Interviews |
Archived Reviews |
Miscellany |
Archived Videos |
2017 |
2016 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
1999 |
2018 |
2016 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
2000 |
1999 |
1998 |
1997 |
1996 |
1994 |
1993 |
1990 |
1980 |
2018-1 |
2018-2 |
2018-3 |
2018-4 |
2018-5 |
2018-6 |
2017 |
2016 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
2000 |
1997 |
kaktus2 |
Sell-by Date-1 |
2020 |
2019 |
2018 |
2017 |
2016 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
2000 |
1999 |
1993 |
1990 |
1981 |
2015-1 |