Articles about  Pieter-Dirk Uys

webmaster

(additional articles about PDU can be found in the Archives)

(additional articles about PDU can be found in the Archives)

    next  >

LEGENDE: Pieter-Dirk Uys is almal se darling

Hy’t al duisende optredes wêreldwyd gedoen, maar nou wil Pieter-Dirk Uys die “Stonehenge van die Swartland” word. Hy wil nie meer toer nie en net op Darling bly waar mense na sy Evita-vertonings kan kom kyk terwyl hy ook die tannie se outobiografie skryf.

– Karin Burger, Bruis, Julie/Agustus 2026


As jy deesdae na Pieter-Dirk Uys (80) soek, sal jy hom voor die rekenaar in sy studeerkamer op sy gelietde Darling kry,. "Ek skryf Evita se outobiografie — in Atrikaans én Engels. Dis 'n helse uitdaging vir my ... en vreeslik baie lekker werkl"


Evita Bezuidenhout is die fiktiewe karakter wat Pieter 45 jaar gelede geskep het — 'n satiriese en humoristiese voorstellinq van 'n Afrikanervrou wat oorspronklik uitgebeeld is as 'n voormalige lid van die apartheidsregering, maar later 'n uitgesproke voorstander van demokrasie en gelykheid gervord het.


"Net omdat sy nie bestaan nie, beteken dit nie sy's nie real nie. Alles om haar is real. Ek moet nie net al my feite oor die geskiedenis van apartheid regkry nie, maar ook die teks skryf soos sy praat. My Afrikaans is nie Evita se Afrikaans nie. Sy't 'n baie belangrike Broederbond-Afrikaans — sy praat die taal behóólik. Anglisismes bestaan nie vir haar nie. Ek moet dus baie versigtig werk met haar taal.


"Onthou, Evita vloek nie. Sy's al 45 jaar saam met my en sy kan steeds nie die woord 'kondoom' sê nie. Sy sê nie eens 'poep' nie. Die enigste vloekwoord wat sy soms moet sê, is 'apartheid'."


Pieter hou daarvan om mense te skok met woorde; let wel, nié vloekwoorde nie. "Evita se optimisme is 'n skok vir die gehoor — meestal bang mense; hulle weet nie wat gaan gebeur nie...


"Die rede hoekom haar boek in wording is, is omdat haar drie kleinkinders — hulle is nie wit nie, ook nie swart nie, wel Barack Obama-beige — vrae vra ... oor allesl Hul peetpa was immers Nelson Mandela."


Vir eers is daar geen spertyd nie."'Want deadlines maak jou dood." Die dag as hy die boek bekend stel, wil Pieter ook 'n Evita-vertoning doen."Dalk iets soos Is Gogo gaga? Net gister het hierdie naam uitgespring —  is dit nie fantasties nie? Titels is ontsaglik beiangrikl"


Kunssinnige familie

Pieter se liefde vir die teater het lank voor Evita se ontstaan begin. Hy't immers in 'n huis vol kuns en musiek grootgeword. "Ek is in 1945 in die Kaap gebore. My ma en pa was albei musikante, pianiste om spesifiek te wees, so Mozart was my beste vriend toe ek 'n kind was. Ons het eers in die Tuine gewoon en toe na 'n pragtige twee-verdieping-grasdakhuis in Pinelands getrek. Daar het my ma, Helga,'n musiekkamer gehad met haar klavier wat sy saamgebring het toe sy Berlyn in 1936 verlaat het.


"Ons familie het nooit geweet sy was 'n Jood nie; ons het dit eers ná haar dood uitgevind. Hoekom het mense dit weggesteek? Sy het ook niks daaroor gesê nie.Was dit nie belangrik nie? Dit bly steeds vir my bisar."


Hy onthou vandag nog die vet telefoonboek uit Berlyn wat in hul huis was. "Op die voorste blad van karton het sy die swastika-teken met 'n mes uitgekerf. Ek het jare lank oor dié boek gewonder. Natuurlik was almal se adresse in die boek! Dis steeds een van die groot vraagtekens in my lewe. Hier is ek vandag, 80 jaar oud, en ek kan dit nie verduidelik nie . . . "


Pieter vertel hy en sy suster, Tessa, het 'n wonderlike lewe gehad. Die gesin het Duits, Afrikaans en Engels gepraat, en musiek gemaak. "My pa het kore gehad, onder meer Hannes Uys se Kindersangkring. Ek het saam met Laurika Rauch in dié kinderkoor gesing. My pa was ook die orrelis vir die NG gemeente in Rondebosch en die koor het gereeld vir die voormalige eerste minister dr. Hendrik Verwoerd en sy vrou gesing. Ek het nou nog die briewe wat mev. Verwoerd destyds aan my geskryf het: 'Dankie Pietertjie, vir die fraai gesingery. Doktor het dit baie verwelkom.'


"Tessa is ook 'n pianis, maar ek was te lui om te oefen. My ouers en suster was ook so goed met die klavier dat ek nie met hul musiek wou kompeteer nie. Daarom het ek nie klavierspel gekies nie, maar 'n ander soort spel om met my lewe te doen."


Onderwys maak plek vir drama

skool het sy ma vir hom 'n kaartjie na die Noordelike Halfrond gekoop en het hy Engeland en Duitsland besoek. Terug in die Kaap moes hy vir militêre diensplig aanmeld. "Gelukkig was ek in die Vloot, dit was nie so sleg nie."


Op skool is hy so deur 'n onderwyseres geinspireer dat hy onderwys wou gaan studeer. "Ek was in 'n Afrikaanse skool, die Hodrskool Nassau, waar juffrou Aloise Nel vir ons Engels gegee het. Sy't eendag ons st. 8-klas gevra om 'n gedig te skryf, en ek sê toe ek kan nie. Haar reaksie: 'Pieter, my darling, you can do anything. Believe in it, and ifyou work toward it, you can do it.' Dit het my lewe verander! Ek wou 'n onderwyser word om eendag daardie woorde te kon sê vir 'n kind wat bang was."


Die dag toe hy by die Unversiteit van Kaapstad wou gaan inskry, was die drama-aftleling se tafel reg langs dié van onderwys. "Daar was 'n pragtige meisiekind met 'n beret op haar kop by die dramatafel. Net 'n paar weke tevore het ek 'n rolprent met Greta Garbo gesien, en dié kind het soos Garbo gelyk. Ek het gedink ek wil ook so lyk. Toe sy sê sy gaan drama studeer, het ek net daar ook vir drama ingeskryf."


By die huis gekom was sy pa se reaksie: "'Wat? Is jy mal? Jy kry nie 'n pennie van my niel" Sy ma het hom aangemoedig om uit te vind of hy wel toneei kon speel. "Ek het vier jaar lank in die Kaap studeer, en toe nóg vier jaar by die Londen-filmskool. Dis dan ook in Engeland waar ek my eerste toneelstuk geskryf het."


In 1973 het vriende uit Suid-Afrika vir hom 'n poskaart gestuur om te sê hulle maak 'n nierassige teater oop en wil hê hy moet deel daarvan wees. "Toe kom ek terug om by die Ruimte-teater in Kaapstad te werk en dramas te skryf. Die sensuurraad het egter my toneelstukke verbied, dis waar al daai drama begin het."


Die f-woord

Daarna het hy by die Markteater in Johannesburg gewerk met sy dramas steeds onder sensuur."Finansies was destyds die groot f-woord in my lewe. Dit gaan alles oor geld.


"Ek het 'n ou swart-en-wit TV-stelletjie gehad wat Rika Semett destyds vir my gegee het. Ek sit toe eendag in my huisie in Melville saam met my kat genaamd Eschel. Ek was in 'n geldelike verknorsing — ek moes my huur van R70 per maand betaal én die kat voer.


"Daar is PW Botha toe op die TV en ek na-aap horn. Skielik begin die kat lag. Toe dink ek, wag 'n bietyie ... as ek nie dramas kan opvoer nie, wat van 'n revue met karakters, spesifiek politici? Só het my eerste revue, Adapt or Dye, in 1981 die lig gesien. Ek het dit 280 keer voor uitverkoopte gehore opgevoer.


"Daar was ook Pik Botha, Piet Koornhof ... al hierdie donners wat vir my materiaal verskaf het. Elke jaar was daar 'n nuwe show. Dit het 'n inkornste gebring en boonop het my pa weer met my begin praat. Hy't my destyds uit die huis gesmyt toe ek by die Ruimte-teater begin, want hy't geglo dis net 'n klomp kommuniste. Maar hy was bang, want hyt geweet alles wat ek doen, was teen die wet.


"Ek self het nie tyd gehad vir bang wees nie. Ek het nog altyd aan humor geglo. Komedie en grappe is wonderlik, maar humor is om te lag vir jou vrees. Hoe kan jy bang wees vir iets waarvoor jy lag? My filosofie was nog altyd: Hou jou oog oor jou vrees. As jy wegkyk, gaan dit altyd groter wees as jy. En lag dit uit! Ek wou nog nooit in daardie alfabet speel nie — as mense bang is vir 'n ding, wil ek hé hulle moet lag daarvoor. En dit is wat gebeur het.


"Mense het gelag vir PW Botha. Dit was gesond. Ek kon nie die ANC invleg in my materiaal nie, want dit was onwettig en ek wou nie my gehoor in die moeilikheid bring nie. Met die Broederbond het ek besef daar's 'n sterk tannie agter eike politikus, dus het ek 'n tannie nodig gehad."


Evita word gebore

Pieter het Evita in 1980 geskep toe hy Johannesburg toe is. "Dit was die ryd van 'Don't Cry for me Argentina' en iemand het gesê sy’s die regte Evita van Pretoria. Toe besluit ek dis haar naam! 'n Paar weke later wou Barrie Hough tydens 'n onderhoud weet wat haar van is. E'k het nog nie eens daaraan gedink nie, maar sien toe 'n plakkaat teen die muur in die teater: Aletta Bezuidenhout in The Seagull. Toe sê ek sommer 'Bezuidenhout'.


"Soos die karakter van een show na ‘n ander gegaan het, het die rnense vrae gevra, en al die antwoorde kom van stories wat ek net daar uitgedink het."


Pieter sê as hv as Evita optree, het sy haar eie kleedkamer. "As Evita by die deur uitstap, is dit Evita, niks van Pieter-Dirk Uys nie. Dis háár tyd en spasie. Ek mors nie rond met haar nie. Sy het karakter en 'n geskiedenis. Sy doen nie drag nie. Respek is belangrik."


Evita is wel 10 jaar ouer as Pieter. “Dit gee my meer speelvak nlet haar. Mense sê altyd: 'Oe, maar sy lyk goed!' Destyds het niemand gedink 'n karakter kan 90 jaar oud word en steeds so gewild wees nie. Ek dink wel tussen Pieter-Dirk tlys en Evita Bezuidenhout is sy die bekendste een van die twee."


Die een skoonheidswenk waaraan Pieter én Evita glo, is baba-olie. "Op Adapt or Dye se openingsaand was al die groot nalne daar, insluitend Joan Brickhill wat destyds 'n superster in die teaterwéreld was. Ek was 'n klein poepgat. Niemand het eintlik geweet wat ek doen nie, maar gelukkig het dit gewerk en almal was verskriklik opgewonde.


"Ek was nog in my dressing room toe Joan kom inloer. Sy sien toe die botteltjie rnake-up remover wat ek ten duurste gekoop het. 'Oh my darling, you look wondeful! But let me give you some advice. Don't use that. It costs a fortune and it will wreck your skin. Do what I do. Johnson’s Baby Oil. If its right for a baby’s bum, it’s perfect for your face.'


“Joan was reg! Dit werk. Ek is 80 en het nog nooit 'n facelift gehad nie. Ek gebruik Johnson’s Baby Oil tot vandag toe. Jy moet net pasop dat dit nie in jou oë kom nie.Tannie Evita gebruik dit ook. Maar sy sal nooit erken sy't die wenk by my gehoor nie. Sy hou niks van my nie."


Evita het selfs destyds vir die minister van Polisie, Adriaan Vlok, 'n brief geskryl "Adriaan, doen jou werk! Pieter-Dirk Uys is 'n kommunis en terroris ... én hy dra vroueklere — dis totaal onnatuurlikl En hy maak my belaglik. Sluit hom op!"


Drie weke later kom 'n brief terug: "Aan Evita Bezuidenhout, p.a. Pieter-Dirk Uys. Ag Evita my skat, ek is jammer ek kan nie vir Pieter-Dirk Uys opsluit nie, want ons tronke is reeds vol. Adriaan."


Pieter lag as hy dié storie vertel."Die donner het 'n sin vir humor gehad. Politici is nie stupid nie."


Pieter is nog elke naweek met Evita op die verhoog. "Ek moet toets of die brein nog daar is, want 'n mens van 80 vergeet goed. Ek kan niemand se naam onthou nie, dan noem ek almal darling. Dis die selfone se skuld. Daai deeltjie van ons brein wat altyd name en nommers onthou het, gebruik ons nie meer nie. Evita vergeet ook woorde, maar dan maak sy dit sommer deel van die show."


Sy tuiste, Darling

Pieter en Evita is sinoniem met Darling in die Wes-Kaap, die afgelope meer as 30 jaar sy tuiste. "Ek het in die Kaap gewoon en besluit toe op die eerste Vryheidsdag ná 1994 om McGregor toe te ry. Ek was nog nooit daar nie en almal het gesê dis so pragtig. Ek ry toe McGregor toe ... net om te hoor ek is eintlik op Darling. Dis soos iemand wat China toe gaan en in Brasilië beland.


"Ek sien toe 'n Duitse restaurant en dink ek is nou hier, ek sal maar 'n schnitzel eet. Ek klop aan die deur en Herman the German maak oop. Hy sê dis te vroeg in die oggend, die bees staan nog in die veld; ek moet twee uur gaan rondloop en dan terugkom."


In die straat loop Pieter 'n eiendomsagent raak wat hom dadelik herken nadat sy hom die vorige week in die Baxter-teater in Kaapstad gesien het. Sy bied toe aan om vir hom die dorp én 'n huis wat in die mark was, te wys.


"Toe ons om die draai kom, staan daar 'n ou Victoriaanse huis met skewe shutters wat al sewe jaar leeg staan. En ek weet net ek moet hierdie huis hê! Drie uur later ry ek terug Kaap toe met 'n schnitzel in my maag en 'n getekende koopkontrak."


Terug in die Kaap wou sy vriende weet hoekom hy 'n huis gekoop het."En ek dink: Hoekom hét ek? En besef toe ek moet terugry Darling toe en gaan sê ek's jamrner."


Die volgende Saterdag is hy terug met die doel om die koop te kanselleer. Toe hy voor die huis staan, hou 'n motor langs hom stil en 'n jong man klim uit. "Is jy Pieter-Dirk Uys?" vra hy "Ek hoor jy het hierdie huis gekoop. Ek is pas terug uit Londen en restoureer Victoriaanse huise. Ek wil graag hierdie huis vir jou doen as 'n showcasel'


Pieter erken as hy drie minute vroeër gery het, sou hy nie vandag op Darling gewees het nie.


"Die outjie wat die houtwerk gedoen het, se werkkamer was in die ou stasiegebou. Toe hy trek, vra die eiendomsagent of ek dit nie as 'n pakkamer wil gebruik nie, anders gaan dit afgebreek word. Ek sê toe nee, dis 'n ou stasie, jy kan nie 'n ou stasie afbreek nie.


"Op daai oomblik kom 'n trein verby en ek dink, wag 'n bietjie ... perron, dis mos Afrikaans vir stasieplatform. Eva 'Evita' Perón is mos daai lady van Argentinië en Evita Bezuidenhout is in die boot van die kar. Ek gaan hierdie plekkie gebruik as 'n teater: Evita se Perron."


Terug in die Kaap het sy vriende gesê hy’s mal toe hulle van die huis én die teater hoor. "Mal is briljant! Mal beteken niemand het al daaraan gedink nie. En alles wat ek doen, is mall Dan weet ek ek's op die rege spoor."


Die Perron word verkoop

Op 20 Maart 2020 moes hy egter die Perron se deure sluit — Covid-19 se skuld."Ek het 13 mense gehad wat vir my gewerk het. Toe ek vir hulle sê ons moet sluit, dis 'n virus se skuld, sê hulle:'Nee man, dis net 'n virus, ons drink wyn.’ Ek verduidelik toe die wyn gaan nie help nie."


Ná drie weke van maskers en inperkings staan hy op 'n dag saam met die eienaars van Darling Sweet & Swartland Kitchen, Frits van Ryneveld en Hentie van der Merwe, in die betaalry in Spar. "'Wat gaan jy met die Perron maak?" wou hulle by hom weet. "Ek weet nie," het Pieter sy skouers opgetrek. "Luister, as jy ooit wil verkoop, praat met ons," sê hulle toe. "Ons praat, hier is die sleutels, ek sien julle oor 'n halfuur by die stasie," was Pieter se antwoord. Só is die Perron verkoop.


"Vanjaar bestaan die Perron al 30 jaar. Frits en Hentie bestuur alles. En ek is steeds hier met Evita, die museum en Boerassic Park. Ek doen elke naweek 'n show en een keer 'n maand vier shows oor twee dae. Voor elke show beleef ek steeds opwinding. Ek’s nie senuweeagtig nie. want senuweeagtig beteken ek kan dit nie doen nie." **


Pieter en sy lewensmaat, die skrywer Brent Meersman (58), is al sedert 1992 bymekaar."Hy’s die beste ding wat nog in mv lewe gebeur het. Absoluut perfek! Ek en Brent het steeds 'n woonstel in die Kaap, maar Darling is waar ons bly.


"Ek was al meer as 5 000 keer alleen op 'n verhoog, oor die wêreld heen ... die Verenigde Koninkryk, Denemarke, Duitsiand, Holland, Switserland, Australie, Amerika, Kanada, noem maar opl


"Ek het egter besluit ek gaan nou die Stonehenge van die Swartiand word. Ek gaan nie meer toer nie. Die mense kan hiérheen kom."


* Besoek www.pdu.co.za cn geniet vier volumes van One Man Shows — gratis.


** Kaartjies vir vertonings by Evita se Perron is by www.quicket.co.za te koop.

next  >


top