webmaster

SKOTE!

SKOTE! (1976/Afrikaans)

Skote! is strictly protected by copyright.

Applications for performance rights, both professional and amateur, should be addressed to:

PD Uys Productions

productions@evita.co.za

But please read the play with pleasure.

Download the text of Skote!


Skote, 'n toneelstuk vir hoerskool-leerlinge, is in 1976 vir die vyftigjarige bestaansjaar van die Hoerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad geskryf.


Die intrige behels basies die finale kleed-repetisie van 'n toneelstuk wat handel oor Jan van Riebeeck se landing in the Kaap. Chaos en senuweeagtigheid heers op die verhoog, want die dekor en kostuums is nog nie voltooi nie. Daar is onderlinge twis onder die spelers en die toneel word aanhoudend deur die regisseur in die ouditorium onderbreek.


Almal is ontsteld want die volgende groep wat moet optree wag reeds hulle beurt af om te repeteer. Groot konsternasie heers as daar skielik 'n paar harde skote gehoor word; die paniekbevange leerlinge en onderwysers verkeer onder die indruk dat hulle deur terroriste aangeval word. Die spanning laai op en 'n anti-klimaks word bereik as die opsigter se seuntjie met 'n rewolwer in die kloktoring opgespoor word.


Afrikaanse vollengte-toneelstukke vir hoerskool-studente is uiters skaars.


Hierdie toneelstuk met sy groot rolverdeling, sy humor en sterk spanningslyn sal groot byval by hoerskool-leerlinge vind. Die stuk is maklik om op te voer, want die karakter-uitbeelding val binne die ervaringsveld van die leerlinge: die leerlinge speel die rolle van leerlinge en geen tegniese toneelspeel-vaardighede soos karakterskepping en identifisering word van hulle vereis nie. Hierdie toneelstuk voldoen aan al die vereistes vir 'n goeie hoerskool-toneelstuk.

– Ben de Koker,   Volksblad,  3 Augustus 1985


NOTA VAN PIETER-DIRK UYS

Ons woon vandag in ander tye. Die stuk dateer uit die 1970s: 'n spesifieke periode in die Afrikaanse geskiedenis, maar die struktuur en storie geld nog. Die mense is nie baie anders nie. Hulle emosies is herkenbaar.


As 'n skool dit vandag opvoer, gebruik die volgende riglyne:


– Dit vind plaas vandag. Vind 'n fokus vir die onderwerp van die kinders se toneelstuk: nie meer Jan van Riebeeck nie; miskien Nelson Mandela se vrylating. Laat hulle self die stuk skryf.


– Maak seker dat die verskeidenheid leerlinge die kulturele realteite van vandag se klasse weerspieel. Moenie bang wees vir die probleme van rassisme en etniese haakplekke nie. Gebruik drama om dit te weerspieel en op te los.


– Die gevaar van terrorisme is groter as ooit. Brei uit daarop.


– Met ander woorde, neem dit as basis en skryf 'n nuwe eietydse stuk wat die emosies and drama van vandag se skoolrealiteite weergee.


top