Duur boeke & die Shakespeare-
– Pieter-
EK sit met ’n negejarige meisie uit ons gemeenskap. Afrikaanssprekend. Sy sit met ’n tweedehandse kinderboek in Engels vir kleintjies. Sy sukkel met die groot woorde.
“The-
“The-
“Hoe lyk die kat?” vra ek.
“Ek wietie. Daar’s nie ’n prentie.”
“Maar jy kan die kat in jou kop sien. Is dit bruin? Is dit swart?”
“Mag ek?” Niemand het haar ooit vertel sy mag haar verbeelding gebruik nie!
“Djy bedoel, ek kan ’n bruin kat so sien?”
“Ja!”
“En dit sit op ’n rooi mat?”
“Ja! En waar is die kat? In jou huis?”
“Nay, in djou huis, want my ma haat katte!”
WANNEER gaan iemand in die Disneyland van ons regering daaraan dink om die belasting op boeke op te hef? Dis krimineel om die verbeelding te straf met sulke onkostes.
Het julle geweet dis in Suid-
G’n wonder die kinders koop die goedkoop skietgoed om in die boekwinkels in te storm en die duur boeke te roof nie!
Grap. Wie de hel steel boeke?
Ek sweer jy kan eenhonderd nuwe boeke op straat laat lê en môre is hulle nog almal daar. Behalwe die paar wat gebruik word vir toiletpapier, of om ’n zol in te rol.
Ek was ’n paar jaar gelede met my vigsprogram by ’n tronk vir jeugdige misdadigers. Dit was kwaai om te kyk na ’n gehoor van moordenaars, verkragters, aanranders en miskien nog erger – niemand was ouer as agttien nie.
Party was bedwelmd, weg in ’n ander wêreld. ’n Paar wou my moor en stuk vir stuk opkerf en as biltong verkoop. Heelparty het met ’n glimlag uitgesien na die ondervinding van ’n ou toppie wat vir hulle iets snaaks gaan vertel. Daar was tot een of twee wat slinks gewink het met beloftes van mooier dinge as ek hulle in die kattebak van my kar sou uitsmokkel.
Wat sê jy vir ’n groep verlore siele wat nie eens ’n kans gehad het om ’n droom te droom nie? Jy praat oor ’n virus wat deur seks versprei word, en jy weet daardie middernagtelike onwelkome seks is deel van hul nagmerries.
Kondome? “Nee wat, Pieter, ons praat nie oor sulke goed nie,” vertel die hoof oor ’n lekker lunchie. “Hulle kan altyd vir suster Viljoen gaan vra as hulle so iets wil hê.”
Suster Viljoen het ook geknipoog, sy met haar kort butch hare en donker snor!
Ná die vertoning bly ek gewoonlik agter ingeval daar miskien vrae is. Daar is altyd nuuskierigheid oor seks. Wat is veilig? Wat is moontlik? Wat is toelaatbaar? Ek skrik nie meer vir sulke rou, skokkende waarhede nie. Ek weet agtjarige kinders eksperimenteer met seks. En hoe minder ons hulle daaroor meedeel, hoe seerder en gevaarliker word dit. Want hulle het die klok hoor lui, maar weet nie waar die belle hang nie. Enige bel, hom-
Ná die praatjie kom twee jonger seuns na my. Een lyk soos ’n spotprent van ’n Bolandse ouma-
“Boeke, asseblief,” vra hy. My hart het gehop, en ek moes weer vra.
“Wat? Boeke? Julle het mos ’n library hier?”
“Dja, maar daardie boeke wat ek wil hê, is nie hier nie. Hier is net k*k.”
“Watter k*k?” vra ek beleefd.
“Ag, die gewone k*k wat niemand lies nie.”
“Maar watter boeke wil julle hê?” Die skurwe skrikduiwel lag, en ek weet presies waarna hy wil kyk. Die blouoog-
“Shakespeare.” Hei? Hoe nou? Wat? Jislaaik! “Ek is mal vir daai man se plays. Al daai plays, djy wiet? Daai ‘Romeo en Julie’? En ook daai ander ene. Wat is dit nou weer?”
“Hamlet?”
“Dja. Daai ene. ‘Hemlit’.”
“Natuurlik sal ek vir jou ’n Shakespeare’s Plays stuur. Ek het juis ’n paar boeke by die huis . . .”
“Nay, maar ek wil daai regte Shakespeare hê. Daai Shakespeare wat op daai mooi papier ge-
Ek weet presies wat hy bedoel. Daardie eerste ondervinding van ’n Shakespeare-
“Ja, ek weet van daardie soort Shakespeare. Hulle’s ou boeke.”
“Dja, dis ou boeke mos. Dis presies wat ek na smag.”
Sy smag was duidelik op sy gesig te bespeur. ’n Passie vir ’n boek. Ek is toe na Clarke’s in Langstraat, en daar het ek teen heelwat onkoste die perfekte ou boek opgespoor. Stowwerig, kraakperfek, papier-
Ek gaan weer tronk toe, terug met die show. Danksy die doodsengel Manto gaan niks beter nie. Maar hy is al uit, in die wêreld. Sy strafvakansie was verby.
DIE man in die straat glimlag.
“Jis, ou Evita?” sê hy. Ek lyk wraggies meer soos iets uit Planet of the Apes of Star Wars, liewer as die Evita van fantasie en vermaak. Die blou oë laat my terugflits.
“Dis jy?”
“Ja,” sê hy. “Ek is nou getroud. Kyk my kindertjie.” Hy wys my ’n foto. Sy vrou is ’n wit Afrikaanse meisie. Die baba het nie blou oë nie.
“Wat doen jy nou?” vra ek.
“Ek werk,” sê hy en vertel nie verder nie.
“En die Shakespeare?”
Sy oë vonkel. “Jisis man, dankie!”
“Jy’t dit gekry?”
“Ja. Man, ons het dit almal gedeel.”
“Al die plays gelees?”
“Almal.”
“Wat was jou beste een, behalwe nou Romeo en Juliet en Hamlet?”
“Nay, man, hulle was almal lekker, maar ek dink daai Richard die Derde-
’n Oomblik van besinning.
Gelees aan hom?’
“Nay, man, gerook. Daai ou Shakespeare-
En hy loop aan.
| CV |
| Works to Date |
| Darling! |
| Elections & Erections |
| Between the Devil and the Deep |
| Articles by PDU |
| Articles about PDU |
| New Yorker PDU profile |
| Archived Articles by PDU |
| Archived Articles About PDU |
| Archived Artles on Issues of Concern to PDU |
| Archived Interviews |
| Archived Reviews |
| Miscellany |
| Archived Videos |
| 2017 |
| 2016 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 1999 |
| 2020 |
| 2019 |
| 2018 |
| 2016 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 2000 |
| 1999 |
| 1998 |
| 1997 |
| 1996 |
| 1994 |
| 1993 |
| 1990 |
| 1980 |
| Freedom of Speech & Expression |
| Elections & Voter Education |
| HIV/Aids |
| 2019 |
| 2018 |
| 2017 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2004 |
| 2003 |
| 1993 |
| 2019 |
| 2017 |
| 2016 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2001 |
| 1999 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 2000 |
| 2017 |
| 2016 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 2000 |
| 1997 |
| kaktus2 |
| Sell-by Date-1 |
| 2020 |
| 2019 |
| 2018 |
| 2017 |
| 2016 |
| 2015 |
| 2014 |
| 2013 |
| 2012 |
| 2011 |
| 2010 |
| 2009 |
| 2008 |
| 2007 |
| 2006 |
| 2005 |
| 2004 |
| 2003 |
| 2002 |
| 2001 |
| 2000 |
| 1999 |
| 1993 |
| 1990 |
| 1981 |