TEE MET TANNIE EVITA
– Bruis, Julie/Augutus 2026
Bruis: “Tannie Evita, jy word as ‘die bekendste wit vrou in Suid-Afrika’ beskou. ls dit’n titel wat jy met trots dra?”
Evita: “Pik (Botha, voormalige minister van Buitelandse Sake) het my die titel gegun. Daar is wel soveel bekende swart vroue in Suid-Afrika met vanne wat nie uitgespreek kan word nie! ‘Evita Bezuidenhout’ is maklik om te deel.”
Bruis: “ls daar enige ander dinamiese vroue in Suid-Afrika wat vir jou uitstaan?”
Evita: “Daar is so baie vroue wat ondanks alles nog kan lag en vergeef. Helen Zille is naby aan die bekendste wit vrou. Hou maar duim vas vir haar planne om Johannesburg te herwin.”
Bruis: ‘Jy is 90 jaar oud! As jy ‘n boodskap vir jou jonger self kon gee, wat sal dit wees?”
Evita: “Ouderdom is ook net ‘n paar syfers. My boodskap is maar onoorspronklik:’Evita! ‘n Boer maak’n plan ten spyte van die jare!”‘
Bruis: “Enige skoonheidswenke vir die ouer vrou?”
Evita: “Begin jou dag in die badkamer. Kyk in die spiedl, tel tot 1O en lag — daardie glimlag is die beste skoonheidswenk van die dagl”
Bruis: “Wie is jou haarkapper? Jou kapsel lyk altyd fantasties !”
Evita: “Helmut was jare lank my ghoeroe. Maar dit was voordat Covid alles verander het; daardie aaklige weke opgesluit sonder my haarkapper! Ek het gou besef: ‘Every brown cloud has a silver lining! ‘En kyk hoe lyk ek nou!”
Bruis: “Wat dink jy van Pieter-Dirk Uys? ls hy iemand met wie jy jou braaibroodjie sal deel?”
Evita: “Siestog, is hy steeds besig om grappies te vertel? Gits, ook al verby die wenpaal, of hoe? Hy’s net ‘n derderangse komediant.”
Bruis: “Dink jy nie dis tyd om weer saam met ons president te gaan visvang nie?”
Evita: “Goeie ideel My Funigalore-onderhoud met Cyril in1994 is juis op YouTube beskikbaar.”
Bruis: “Sou jy dit ooit oorweeg om ‘n lewensafrigter vir ons politici te word? Of is dit ‘n verlore saak?”
Evita: “Ek gebruik liewers die tyd om die toekoms saam met my drie kleinkinders te vier.”
Bruis: “Wat dink jy van kunsmatige intelligensie?”
Evita: “Al? Gits, ek het altyd gedink dit staan vir Afrikaanse Intelligensie!”
Bruis: “Jy glo aan vryheid van spraak. ls daar dalk enige onderwerp wat selfs vir jou taboe is?”
Evita: “Vryheid van spraak, maar binne perke. Soms is die waarheid te seer. Gebruik’n wit leuentjie om die wonde van eerlikheid te heel.”
Bruis: “Watter inspirerende boodskap het jy vir Suid-Afrikaners wat moed verloor oor die toekoms van ons pragtige land?”
Evita: “Skatte, moenie bang wees nie; alles sal regkom.”