ONS GESELS MET PIETER-DIRK UYS
Die legendariese skrywer, kunstenaar, regisseur Pieter-Dirk Uys, vier vanjaar sy 70ste verjaardag en 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf
– Vrouekeur, 11 September 2015
1. Wat is jou droom vir Suid-Afrika?
Dat dit nooit ’n nagmerrie word nie!
2. Wat lê op jou bedkassie?
’n Flits.
3. Wie is jou gunstelingskrywer?
Gore Vidal, Paul Theroux, Noel Coward … en goeie skrywers van biografieë.
4. Watter boek, toneelstuk en gebeurtenis het jou lewensuitkyk radikaal verander en jou tot aksie laat oorgaan?
The Noel Coward Diaries, Who’s Afraid of Virginia Woolf en Waiting for Godot en die dood van my ma in 1969.
5. Leef jy volgens ’n leuse of is daar wyse woorde van iemand waarby jy aanklank vind?
49% woede teenoor 51% vermaak.
6. Wie het jou nog die beste raad in die lewe gegee en wat was daardie raad?
Noel Coward het oor teater gesê: “Speak clearly and don’t bump into the furniture!”
7. As jy een ding in jou lewe kon oor of anders doen, wat sou dit wees?
’n Kindertjie gemaak het toe ek 20 was!
8. Het jy berou oor die keuses wat jy in jou lewe gemaak het?
Net berou oor die dinge wat ek te bang was om te doen.
9. Na wie gaan jy vir raad as jy groot besluite moet neem?
Vra die kat.
10. Hoe sal jy jouself in ‘n paar woorde opsom?
Pieter-Dirk Uys is hier.