< previous
Pieter-
Pieter-
– Ilse Salzwedel, Rooi Rose, 1 November 2018
Akteur, komediant, skrywer, aktivis — en die man agter een van Suid-
Watter titel verkies hy, vra ek oor ’n Saterdagmiddagkoffie in Melville. “Nie een nie. Ek dink die woord ‘ entertainer’ som die beste op wie en wat ek is.”
Interessant genoeg wou hy onderwyser eerder as akteur word. “Ek het nie eens gedink dis ’n moontlikheid nie, maar ek het in my siel geweet ek gaan iets doen wat oorspronklik is.”
Al plek waar hy ooit dramaties geraak het, was met sy gekskeerdery op huiskonserte.
Ná sy eerste jaar as B.A.-
Die verhoog vir die res van sy lewe was gereed, maar die gordyne steeds toegetrek. Maar ’n geselsie met ’n dramastudent in die kafeteria tydens die registrasieweek vir sy tweede jaar, het hom na die dramadepartement gelok waar hy summier ingeskryf het.
Vyf en ’n bietjie dekades later is sy optrede-
“Prof. Rosalie van der Gucht, hoof van die dramadepartement, het reguit gesê: ‘ You’re very feeble; you have no talent.’ Toe dog ek: Jou donnerse ou vrou!” Toe hy haar jare later aan haar woorde herinner, het sy droogweg geantwoord: “Well, it worked!” Vandag is hy bly hy is destyds as verhoogbestuurder eerder as akteur opgelei. “Dis die heel beste agtergrond vir enige teaterpersoon.”
Al het hy “instinktief” op die verhoog beland, onthou hy steeds die stuk waarin hy in sy tweede jaar opgetree het. “Dit was só lekker, en die mense het gelag. Ek het nog nooit teruggekyk nie.” Hy glo teater kies jou — nie andersom nie. “Dis life imprisonment without parole.”
Met ’n dramagraad in die sak is hy sak en pak Engeland toe. Met die verhoognaam Peter Ace, want die Britte sou nooit hul tonge kon draai om Pieter-
“Ek het ’n union ticket gehad en my eerste drama geskryf. Toe stuur ’n pêl uit Kaapstad vir my as ’n grap ’n kasset met Mimi Coertse wat volksliedjies sing.” Maar hy het nie gelag nie. Inteendeel. “Toe sy ‘O, Boereplaas’ sing, het ek drie dae lank gehuil en op ’n boot geklim, terug huis toe. In Januarie 1973 was ek weer in die Kaap. Waar ek behoort.”
Ons gesels ’n week of twee voordat die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns die Hertzogprys amptelik aan hom oorhandig. Sy aanvaardingstoespraak is geskryf, maar hy bieg dat hy steeds effens oorbluf is oor die eer. “Ek het nooit gedink dit sou gebeur nie, want destyds was al die Afrikaanse kultuurinstellings in die vyand se kamp. Die Hertzogprys was ’n Broederbond-
Hy het inderdaad destyds die Broeders se hare behoorlik laat regopstaan. Nie net met sy politieke satire en tannie Evita nie, maar veral ook met die dramas wat hy destyds geskryf het.
“Dis nogal ironies dat ek juis nou vereer word vir vyf dramas wat destyds as ‘onwelvoeglik, onbetaamlik, on-
Hy het nie beplan om drama as politieke wapen in te span nie. “Eintlik wou ek net my pa die hel in maak,” erken hy. En die dominee, en die ooms en die tannies, natuurlik. Dit kon hy maklik regkry deur genoeg skurwe woorde op die verhoog te gebruik.
“Die politiek het maar derde gekom in die ry van vloekwoorde. Maar toe ek eers drama aanvaar het as suurstof … Dit wat ek uit al die toneelstukke van die verskillende eeue geleer het, die stories van man’s inhumanity to man, het my laat besef die paradys van afsonderlike ontwikkeling was nie normaal nie. Ek het ook toe ontdek watter wonderlike wapen humor was teen arrogansie en domastrantheid. Toe was ‘apartheid’ die enigste vloekwoord wat ek op die verhoog gebruik het.”
In 1974 is sy eerste drama verbied by die Ruimte-
“Dit was 1978, en al werk wat ek gehad het, was ’n weeklikse rubriek in die Sunday Express,” onthou hy. “Vir die rubriek het ek ’n Afrikaanse tannie geskep wat eenkeer ’n maand op ’n partytjie in Pretoria al die drama om die Inligting skandaal kon uitlap met’ n‘ Skattie, het jy gehoor ?’ Die redakteur van die koerant het haar die Evita van Pretoria genoem.”
Die volgende logiese stap was om Evita verhoog toe te neem, en in sy eerste eenmansvertoning Adapt or Dye het hy die rol van die tannie op die verhoog gespeel. “Hulle het nie geweet wie om op te sluit nie,” lag hy. Pieter-
Hy vertel van die ongeskikte Afrikaanse verslaggewer wat hom eendag gekonfronteer het met die stelling “maar jy is mos ’n moffie”. Toe sê die vreeslose Pieter-
Hy het vroeg al geleer om sy vyande nie met woorde nie, maar met humor te konfronteer. “Ons Suid-
Nie dat sy lewe een grap na die ander was nie. Die NP-
Hy het baie respek vir tannie Evita, en van die begin af was sy plan om van haar ’n driedimensionele werklikheid te maak.
“Ek het altyd gesê women must recognise the woman, en men must not see the man. Evita het nie net uitgevaar nie, maar het ook hoop gebring.” En sy het tred gehou met die veranderende tye. “Deesdae is sy ’n lid van die ANC, maar dit keer haar nie om te praat oor alles wat verkeerd is in die ANC nie.” (Evita kon nie saamkom na ons onderhoud nie, want sy was juis in Luthuli-
Hoekom is Evita nog altyd toegelaat om te sê wat niemand anders kon waag om van ’n verhoog af te sê nie? “Jy moet onthou, tannie Evita was glad nie ’n Pieter-
Maar hoe het hy wat Pieter-
En hoe voel hy oor die nuwe Suid-
As hy wel onderwyser geword het destyds, sou hy nou op 73 al afgetree gewees het. Maar hy werk onverpoosd. Sal hy ooit aftree? “Jy moet onthou, ek is al sedert 1975 amptelik werkloos. Daar is geen fabriek of besigheid of entourage agter my nie. As ek niks doen nie, gebeur niks. Maar as ek iets doen, is enigiets moontlik. Dus is my werk nie regtig werk nie — dis lewe.”
Wat het die lewe die man geleer wat homself as ’n “terminale optimis” beskryf ? “Werk, werk, werk, werk. Beplan. Dissipline. Luister. Bly optimisties. Don’t suffer fools gladly. Verwerk jou woede oor die politiek in vermaak sodat mense vir hul vrees lag. Dan maak jy daardie vrees minder vreeslik. Gee jou vrees ’n naam. Moenie wegkyk nie. Ná 24 jaar van demokrasie kan ek net daagliks dankie sê vir die generosity of a black majority who could have been very angry. Soos aartsbiskop Tutu altyd sê: ‘ Love your enemy; it will ruin his reputation.’”
By die huis op Darling, waar hy al 23 jaar woon, is hy net Pieter-
Wat wil hy nog alles aanpak? “Môre. Ek wil môre aanpak. Vroeër in my lewe het my jaar altyd uit 365 dae bestaan. Deesdae bestaan dit net uit twee dae: vandag en môre. As ek vandag reg doen, is môre net lekker.”
• Lees ook ons onderhoud met Tannie Evita by rooirose.co.za
< previous
CV |
Works to Date |
Darling! |
Current Concerns |
Evita's free Speech |
Freedom of Speech & Expression |
Elections & Voter Education |
HIV/Aids |
2019 |
2018 |
2017 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2010 |
2009 |
2007 |
2006 |
2004 |
2003 |
1993 |
2019 |
2017 |
2016 |
2014 |
2013 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2001 |
1999 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
2000 |
Elections & Erections |
Between the Devil and the Deep |
Articles by PDU |
Articles about PDU |
New Yorker PDU profile |
Archived Articles by PDU |
Archived Articles About PDU |
Archived Interviews |
Archived Reviews |
Miscellany |
Archived Videos |
2017 |
2016 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
1999 |
2018 |
2016 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
2000 |
1999 |
1998 |
1997 |
1996 |
1994 |
1993 |
1990 |
1980 |
2018-1 |
2018-2 |
2018-3 |
2018-4 |
2018-5 |
2018-6 |
2017 |
2016 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
2000 |
1997 |
kaktus2 |
Sell-by Date-1 |
2020 |
2019 |
2018 |
2017 |
2016 |
2015 |
2014 |
2013 |
2012 |
2011 |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
2006 |
2005 |
2004 |
2003 |
2002 |
2001 |
2000 |
1999 |
1993 |
1990 |
1981 |
2015-1 |